Tuesday 24 October 2017

Krismis jellie-ring



Krismis jellie-ring
Bestanddele:
80 g pakkie framboos-jellie
80 g pakkie groenpruim-jellie
80 g pakkie pynappel-jellie
290 g blikke nagereg-room
500 mF vanieljevla
vars aarbeie, kiwivrugte of enige ander seisoenale vars vrugte
Metode:
1. Maak die framboos- en groenpruim-jellie volgens die aanwysings op die verpakking aan.
2. Giet die jellie in aparte reghoekige bakke en laat in yskas stol.
3. Maak die pynappeljellie aan met ’n koppie kookwater en laat staan eenkant om effens af te koel (nie in die yskas nie).
4. Verwyder die framboos- en groenpruim-jellie uit die yskas en sny in blokkies van 1 cm.
5. Rangskik die jellieblokkies in ’n jellieringvorm.
6. Meng die nagereg-room met die pynappeljellie en giet dit oor die jellieblokkies in die jellieringvorm. Laat dit in die yskas stol.
7. Keer die jellie-ring uit op ’n koekstaander sodra dit gestol het. Vul die middel van die jellie-ring met vars vrugte.
8. Giet vla oor die jellie-ring en dien op.