KONFYT VIERKANTE
Oond 180°C.
In mengbak:
310 ml koekmeel,
1 t bakpoeier
kwart t sout.
METODE:
Vryf 125 gr sagte botter in en voeg 80 ml suiker by.
Meng tot sagte deeg. Druk twee derdes van deeg in gesmeerde, plat koekpan en plaas ander deeg in vrieskas.
Smeer laag konfyt van jou keuse oor deeg in pan.
Rasper deeg in vrieskas bo-oor konfyt .
Bak vir 20-30 minute.
Koel af en sny in blokkies.