Friday, 13 October 2017
GEVULDE EIERS
GEVULDE EIERS
JY HET NODIG:
water
sout
12 eiers
sowat 1/3 k mayonnaise (besluit self afhangende van smaak)
peper
pietersielie
METODE:
Bring 'n diep kastrol met water en sout tot kookpunt.
Plaas die eiers een vir een met 'n lepel daarin.
Kook 10-12 minute.
Laat afkoel en verwyder die doppe.
Sny die eiers in die breedte deur.
Verwyder die eiergeel, plaas dit in 'n aparte bakkie en druk fyn.
Meng met die mayonnaise, sout en peper en plaas dit in 'n versiersak.
Spuit 'n bietjie mengsel in elke eierwit en sprinkel gekapte
pietersielie daaroor.
WENK!
Roer die water aanvanklik elke nou en dan sodat die eiergeel in die middel van die wit set.