Tuesday 17 October 2017

Flatervrye souttertjies



Flatervrye souttertjies
Vir 24
JY BENODIG:
1 eetlepel botter
2 uie, gekap
4 blikkkies (170 g) tuna of salm
1 teelepel gegeurde sout (soos Ina Paarman se braaisout)
2 teelepels gedroogde pietersielie of tiemie
2 koppies bevrore groente (ertjies, wortels en mielies)
2 koppies mozzarellakaas, gerasper
1 koppie koekmeel
1 ½ teelepel bakpoeier
’n knippie sout
1 eetlepel botter
1 koppie melk
4 eiers
SO MAAK MENS:
Voorverhit die oond tot 200 °C en spuit twee dosyn-muffinpanne baie goed met kleefwerende sproei.
Smelt die botter in ’n pan en braai die ui liggies tot sag.
Voeg dan die gedreineerde vis, sout, kruie en groente by en roer totdat alles deurwarm is.
Laat dit eenkant afkoel en meng dan die kaas deur.
Meng die koekmeel, bakpoeier en sout in ’n aparte bak en vryf die botter daarby in.
Klits die melk en eier daarby in.
Verdeel die beslag tussen die 24 holtes (sowat 1 eetlepel in elk) en skep dan sowat ’n ¼ koppie van die tuna-vulsel in elke holte.
Bak dit op die oond se middelste rak vir 30 minute tot goudbruin.
(Loer ná 20 minute en draai die temperatuur af na 170 °C as hulle te gou bruin word.)
Pak die muffins in ’n lugdigte houer – dit sal tot 4 dae vars bly mits jy dit op ’n koel plek bêre.
Of jy kan dit vries en uithaal soos jy dit nodig kry.
WENK Jy kan die tuna met gevlokte hoender vervang.
Kook hoenderborsies of –worsies en trek dan die vleis met twee vurke uitmekaar voor jy dit in die tertjievulsel gebruik.