Thursday 14 September 2017

Vlatert



Vlatert
3 x koppies langlewe vla
2 x pak mariekoekies
½ koppie fyn aarbeikonfyt
½ koppie Treat-karamel kondensmelk
*2 flakes vir versiering
*1 houertjie room
*gesnipperde kersies

maak die vla in ‘n pot lekker warm – amper kookpunt
maak koekie-toebroodjie, plak aan mekaar vas met een koekie konfyt en een koekie karamel
rangskik onder in plat diep bak
giet warm vla oor die laag koekies
pak nog ’n laag toebroodjie-koekies en gooi al die warm vla wat oorgebly het oor
maak toe met clingwrap, sodat tert nie yskas geure absorbeer nie
bere in yskas vir minstens 3 ure

klop room lekker styf versier bo oor poeding, sprinkel met gesnipperde kersies en krummel flakesjokolade krummels oor wanner jy opgeskep het