Friday, 22 September 2017

Quiche met hoender en uie



Quiche met hoender en uie
6 porsies
BROSKORSDEEG
500 ml (2 k) koekmeel...
knypie sout
180 g botter
1 eiergeel
90 ml (6 e) yswater
5 ml (1 t) suurlemoensap

VULSEL
klont botter
2 uie, gekap
1 knoffelhuisie, gekneus
125 ml (½ k) ligte bruinsuiker
15 ml (1 e) wit balsemieke asyn
knypie sout
2 gerookte hoenderborsies, in skyfies gesny
15 ml (1 e) vars pietersielie, gekap
250 ml (1 k) room
125 ml (½ k) volroommelk
4 eiers
sout en peper na smaak
Stel oond op 180 °C.
1.Deeg Sif koekmeel en sout saam. Vryf botter in koekmeel met vingerpunte tot mengsel soos broodkrummels lyk.
2.Klits eiergeel, water en suurlemoensap saam en voeg by meel-en-botter- mengsel tot deeg vorm.
3.Bedek deeg met kleefplastiek en verkoel een uur in yskas.
4.Rol deeg op meelbestrooide oppervlak tot ongeveer 4 mm dik uit en voer diep quichepan met 26 cm-deursnee daarmee uit. Prik bodem met vurk.
5.Bak tertkors blind vir 15 minute. Verwyder bakpapier en boontjies.
6.Plaas weer terug in oond vir vyf minute om heeltemal droog te bak.
7.Vulsel Soteer ui en knoffel in botter tot sag en deurskynend.
8.Voeg bruinsuiker by en laat karamelliseer oor lae hitte, ongeveer 12 minute. Roer af en toe.
9.Voeg balsemieke asyn en sout by. Los nog twee minute op stoofplaat.
10.Skep uie op broskorsdeeg. Plaas skyfies gerookte hoender bo-op. Sprinkel vars pietersielie oor.
11.Klits room, melk en eiers saam. Geur met sout en peper.
12.Giet roommengsel oor vulsel. Bak vir 35 minute of tot gestol in middel.