Thursday 7 September 2017

Ontbyt in 'n muffinpan



Ontbyt in 'n muffinpan
Neem n muffin pan met groot gate. Spuit of smeer dit.
Neem n sy brood, sny die korsies af . Nou vat jy a koekroller en rol daardie witbrood so dun as wat jy kan.
...
Vou die sny brood in die pannetjie se holte in en smeer uie-marmelade ( woolies maak n lekker een) op elke sny. Trim mooi om die kante.
Neem n sny salami, sny in kwarte en pak bo-op die brood (jy kan enigiets hierin sit).
Breek n eier Bo-op , sout en peper na smaak en sit in die oond teen 180 vir 15 tot 20 min, afhangende hoe hard die eier moet wees.
Rasper n bietjie kaas oor so n minuut of twee voor dit uit die oond kom.
Variasie op die eiers ...
Skei die wit van die geel.
Klits die wit lekker styf met a klitser en roer nou die geel terug daarin.
Pak jou mandjie vol al die lekker dingetjies en gooi die eirmengsel laaste oor.
As jy die pan lekker met botter gesmeer het of met olyfolie en jy bak teen so 180 C dan sal die brood lekker crisp toast in die tyd wat dit vat om die eier gaar te maak.
Dis a goeie plan om nie rou vleis goeters in die mandjie te pak nie ... maak maar die bacon en worsies en slef uie eers gaar in a pan en versnipper voor jy dit in die mandjie pak.