Monday 18 September 2017

kaas-en-biltong-skepskons



kaas-en-biltong-skepskons
■ 500 ml bruismeel
■ 5 ml bakpoeier
■ 3 ml suiker
■ 3 ml sout
■ 5 ml mosterdpoeier
■ 250 ml fyngerasperde cheddarkaas
■ 125 ml fyn biltong
■ 1 eier
■ 100 ml melk
■ 100-125 ml water
■ 60 ml olyfolie
■ Paprika, om oor te sprinkel
Voorverhit die oond tot 200°C en voer ’n bakplaat met bakpapier uit. Smeer of spuit liggies met kleefwerende kossproei.
Meng die bruismeel, bakpoeier, suiker, sout en mosterdpoeier saam. Voeg die kaas en biltong by en meng liggies. Klits die eier, melk, water en olyfolie saam en voeg dit by die droë bestanddele. Meng tot ’n sagte skepdeeg. Skep groot lepels vol van die deeg op die voorbereide bakplaat en sprinkel ’n bietjie paprika oor elke skon.
Bak vir 10-15 minute (baktyd sal afhang van die grootte van die skons) tot goudbruin en deurgaar. Sit louwarm voor met botter en ekstra kaas en fyn biltong. Lewer 10 skepskons.