Monday 18 September 2017

Feestelike slaai



FEESTELIKE SLAAI
 Genoeg vir 10 mense

Vir die sous:...
2 e suiker
2 k mayonnaise
sout en peper na smaak

Vir die slaai:
blaarslaai, fyngekap
6 grasuie, fyngekap
1 groen soetrissie, gesny
½ k fyn gemengde neute
1½ k geblikte ertjies
mayonnaise-sous
1 pak spek, gesnipper
1 pak sampioene, gesny
3 hardgekookte eiers, in skywe gesny
2 k kaas, fyngerasper

Vir die sous:
Meng al die bestanddele goed saam.

Vir die slaai:
Gebruik ’n diep slaaibak of ’n paar klein glasbakkies met regop kante (dit vertoon mooi met die lagies bestanddele).
Braai die spek en sampioene saam en laat afkoel.
Pak die slaai in lae, in die volgorde soos in die slaaibestanddelelys van bo af.