Thursday 31 August 2017

Basiliekruid-en-kaas-skons



Basiliekruid-en-kaas-skons
(sowat 6 groot skons)
480 g (860 ml) bruismeel
2 ml sout
60 g pecorino-kaas, fyngerasper...
handvol vars basiliekruidblare, fyngekap
2 eiers
250 ml melk
50 ml sonneblomolie

Verhit jou oond tot 180 °C. Sif die bruismeel en sout saam in ’n mengbak. Meng die pecorino-kaas en basiliekruid met die meel en sout. Klits die eiers, melk en olie saam. Voeg die eiermengsel by die meelmengsel en meng goed om ’n deeg te vorm. As jy dit in ’n oondbak wil bak, smeer een van so 20 x 10 cm. Vorm die deeg in ’n lang wors en sny in ses stukke. Vorm elke stuk in ’n bal en plaas styf teen mekaar in die oondbak. (Andersins: druk die deeg plat op ’n meelbestrooide oppervlak tot sowat 3 cm dik en druk ronde vorms uit met ’n koekiedrukker. Sit hulle op ’n gesmeerde bakplaat.) Bak vir 15 – 20 minute. Bedien warm met botter.