Friday, 23 June 2017

Oondgebakte snoek met patattert

 
 
 
Oondgebakte snoek met patattert

Oondgebakte snoek

Bestanddele...

1 medium snoek, gevlek en ontvries
2 suurlemoene
1 pomelo
1-2 t kerriepoeier
2 e appelkooskonfyt
¼ k botter
sout en peper na smaak
vars pietersielie vir garnering

Stappe

Sny een suurlemoen en pomelo in dun skywe.
Smelt die botter, kerriepoeier, appelkooskonfyt saam.
Gebruik ’n groot oondpan en pak die skywe sitrusvrugte onderin.
Plaas die snoek bo-op die sitrusvrugte met velkant na onder.
Smeer goed met die botter mengsel en bak in ’n voorverhitte oond (180 °C) vir ongeveer 20 minute tot gaar.
Bedruip die vis gedurende die kookproses met die bottermengsel.
Verwyder uit die oond, geur met sout en peper en garneer met pietersielie en suurlemoenwiggies.

Patattert

Bestanddele

Vir die patats

2 medium patats, in ringe gesny
2 l hoenderaftreksel
3 e botter

Vir die vulsel

1 beet, geskil en gerasper
1 knoffelhuisie, gekap
handvol platblaarpietersielie, gekap
2-3 ringe fetakaas, gekrummel
2 e pampoenpitte
2 e bosbessies

Garnering

gekapte grasuie
olyfolie
¼ k suurroom, gemeng met 2 e vars room
1 vel skilferdeeg, ontvries en in vierkante gesny
1 eier, geklits
sout en peper na smaak

Stappe
Kook die patats in hoenderaftreksel tot gaar. Dreineer, druk fyn met vurk en voeg botter by. Geur met sout en peper.
Meng die kapokaartappel met knoffel, pietersielie, bosbessies en feta. Smeer die mengsel bo-op die skilferdeegvierkante en strooi pampoenpitte en beet bo-oor. Verf die kante van die deeg met eier en bak die terte in ’n voorverhitte oond (200 °C) tot goudbruin.