Wednesday, 28 June 2017

ONTBYT JAFFEL




ONTBYT JAFFEL
Dis die eiergeel in die middel en die cheddarkaas daarby wat hierdie jaffel so smullekker maak.
...
Bestandele:
15 g (15 ml) botter
125 g strepiespek (streaky) of Ham
8 snye witbrood
45 g (50 ml) sagte botter
100 g cheddarkaas, gerasper (ek gebruik die velle kaas)
4 eiers


Metode:
Smelt die 15 g botter in ’n pan.

Voeg spek by en braai tot bros.

Dreineer op kombuispapier.

Smeer elke sny brood aan een kant met sagte botter.

Plaas ’n sny brood met gesmeerde kant na onder in ’n jaffelpan. Die botter sal keer dat die brood in die pan vassit.

Plaas gerasperde kaas in die middel en druk effens plat.

Sit van die spek op en breek ’n eier versigtig oop bo-op (ek bak die eier eers die gele moet nog baie sag wees).

Maak seker dis in die middel. Sprinkel nog kaas bo-op en plaas die tweede sny brood met die gesmeerde kant na bo daarop. Maak pan toe en druk vas.

Sny oortollige brood af.

Maak ’n plaat op jou stoof warm en plaas die jaffelpan direk daarop.

Braai sowat 3 minute en draai om.

Braai nog 3 minute en maak dan versigtig oop om te sien of dit bros en goudbruin word.

Maak toe en braai verder – terwyl jy die pan omdraai – tot bros en goudbruin. Keer versigtig uit en hou warm eenkant. Herhaal met res van bestanddele Hierdie is die standaard Jaffel resep. Ek vervang baie keer die spek met ham en ek braai mushrooms en sit dit by. Jy kan feitlik jou eie jaffel bou.

http://www.springbokinternetradio.co.za/ See More