Maklike Broodjie
Stel jou oond op 180 grade Celsius en jy gaan die brood bak vir 1 uur.
BENODIG:
500g bruismeel...
500 ml karringmelk of 1 bier
knippie sout
250 ml ( een koppie ) kaas
Hier waar ek nou die kaas insit kan jy enige iets insit: fyngekapte roosmaryn, pietesielie, mielies,songedroogte tamaties, olywe, fyn bokkoms. Net wat jou tong begeer.
NOU:
•Gooi die meel, sout en kaas in ‘n mengbak en roer met ‘n lepel tot lekker gemeng
•Roer nou jou karringmelk (of bier) by tot alles gemeng is. As jy sien dat dit vir jou nog droog lyk, roer so bietjie melk by
•Sit dit in ‘n gesmeerde broodpannetjie en strooi 125ml kaas bo-oor. As jy dapper is kan jy self bietjie rooipeper of paprika ook oorstrooi.
•Nou bak jy die brood vir om en by 60 minute. Na 45 minute kan jy ‘n mes indruk en as dit droog uitkom is jou brood klaar.