Glutenvrye karringmelkbeskuit met muesli en bloubessies
genoeg vir 14 – 16 stukke
• 1 x basiese glutenvrye karringmelkbeskuit-resep *****
• 190 g (375 ml) muesli...
• 1 x 100 g-pakkie droë bloubessies
Volg metode vir basiese resep tot net voor jy die vloeistof by die droë bestanddele gooi. Voeg muesli en bloubessies by droë bestanddele. Voeg vloeistof by en meng deur. Skep beslag in ronde koekpan van 25 cm in deursnee of ’n broodpan van 20 x 12 cm wat goed met kleefwerende kossproei gespuit is.
Bak 50 – 60 minute of tot toetspen skoon uitkom. Laat afkoel en keer uit. Sny beskuit met riffelrandmes in porsies so groot soos jy verkies. Plaas op afkoelrak en droog sowat 4 uur lank uit in louwarm oond van 60 °C of oornag in louoond.
*****Basiese glutenvrye karringmelkbeskuit
genoeg vir 14 – 16 stukke
• 330 g (500 ml) glutenvrye bruismeel
• 140 g (375 ml) kekerertjie-meel
• 7,5 ml bakpoeier
• 2 ml sout
• 150 g (160 ml) botter
• 180 g (200 ml) strooisuiker
• 1 eier
• 185 ml karringmelk
• 5 ml koeksoda
Verhit oond tot 160 °C. Plaas twee soorte meel, bakpoeier en sout in groot mengbak. Meng en hou eenkant. Smelt botter en suiker saam in mikrogolfoond – roer tot suiker gesmelt is. Laat afkoel tot louwarm en voeg eier en karringmelk by. Meng deur. Voeg koeksoda by en meng. Laat staan tot mengsel skuim en bruis – sowat 2 minute. Gooi by droë bestanddele en meng deur met houtlepel. Skep beslag in ronde koekpan van 25 cm in deursnee of broodpan van 20 x 12 cm wat goed met kleefwerende kossproei gespuit is. Bak 50 – 60 minute of tot toetspen skoon uitkom. Laat afkoel en keer uit. Sny beskuit met riffelmes in porsies so groot soos jy verkies. Plaas op afkoelrak en droog sowat 4 uur lank uit in oond van 60 °C of oornag in louoond.