Tuesday 21 February 2017

SUURLEMOEN YSKASTERT



SUURLEMOEN YSKASTERT
KORS:
200g Tennisbeskuitjies
90g botter
Breek jou koekies fyn en voeg botter by en pak in bak om kors te maak....
PS: Smeer net jou bak dat dit nie vaskleef.

VULSEL:
1 pakkie suurlemoen jellie
halwe koppie kookwater
1 blikkie ingedampte melk
1 Eetlepel strooisuiker

Meng jellie en kookwater en plaas eenkant sodat dit bietjie kan afkoel
In 'n aparte bak klits jou strooisuiker en ingedampte melk saam met 'n elektriese klitser
Sodra dit lekker lig is , voeg jou jellie mengsel by , bietjies op 'n slag terwyl jy nog klits met jou elektriese menger.
Skep mengsel bo-op jou kors en plaas in yskas vir 3-4 ure.