Spaghetti carbonara
1 porsie
• 250 g spaghetti
• 30 ml olyfolie...
• 1 ui, fyngekap
• 2 knoffelhuisies, gekap
• 250 g spek, grofgekap
• 100 g (250 ml) bevrore ertjies
• 30 ml pietersielie, gekap
• 2 eiergele
• 125 ml vars room
• 50 ml parmesaan-kaas, gerasper
• sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Kook spaghetti volgens aanwysing op die pak. Verhit intussen olyfolie in ‘n pan en braai ui, knoffel en spek tot goudbruin. Voeg ertjies en pietersielie by. Braai vir 2 minute. Meng eiergele met room. Dreineer pasta en voeg eiermengsel by terwyl die pasta nog warm is. Meng goed. Voeg spekmengsel en parmesaan by en meng deur. Geur goed met sout en swartpeper. Sit dadelik voor. Die hitte van die pasta maak die eiergele gaar en sorg vir ‘n lekker romerige tekstuur.