Lensie-en-groente-pilaf
BESTANDDELE
• 4 porsies
...
45 ml (3 e) olie
1 ui, gekap
2,5 ml (½ t) vars knoffel, gekap
15 ml (1 e) garam masala
1 ml fyn kaneel
1 rooi brandrissie, ontpit en fyngekap
250 ml (1 k) rou basmatirys
625 ml (2 ½ k) groenteaftreksel
30 ml (2 e) perskeblatjang
2 lourierblare
1 ml sout
knypie swartpeper
125 ml (½ k) water
½ kop blomkool, in blommetjies gebreek
½ kop broccoli, in blommetjies gebreek
400 g (1 blik) lensies, gedreineer
handvol vars koljander, fyngekap
METODE
1 Verhit olie en soteer ui en knoffel tot ui sag is.
2 Voeg garam masala, kaneel en brandrissie by en soteer vir nog twee minute.
3 Roer basmatirys by tot al die rys met olie bedek is.
4 Meng aftreksel, perskeblatjang, lourierblare, sout en peper en giet in kastrol.
5 Plaas kastrol se deksel op en laat kook oor matige hitte vir 10 minute.
6 Draai stoofplaat laer. Voeg water by basmatirys. Plaas blomkool en broccoli bo-op en laat stoom vir nog 15 minute oor lae hitte.
7 Giet lensies bo-oor en laat stoom vir nog drie minute tot goed warm.
8 Skep in geskikte opdienbak.
9 Roer tot pilaf liggies gemeng is. Sprinkel gekapte koljanderblare bo-oor en sit dadelik voor.