Herman Lensing se Ouma se Melktert
KORS
• 280 g (500 ml) koekmeel
• 155 g (170 ml) botter...
• 50 g (60 ml) suiker
• 45 ml water
TERT
• 30 ml koekmeel
• 45 ml mielieblom
• 2 eiers, geskei
• 1 vanieljepeul, oopgesny en saadjies uitgekrap
• 65 g (80 ml) suiker
• 750 ml melk
• 25 g (27 ml) botter
• 10 ml fyn kaneel
• 100 g donkersjokolade, gesmelt
MAAK EERS KORS
Plaas meel, botter en suiker in voedselverwerker. Pols by hoë spoed tot growwe mengsel vorm. Terwyl menger loop, gooi water geleidelik by tot mengsel in een deegbal saamkom. Verhit oond tot 180 °C. Sprinkel meel op werkvlak en rol deeg met koekroller uit tot sowat 3 mm dik – hoe dunner, hoe beter.
Voer ’n 33 x 9,5 cm-tertpan uit met deeg. Sny deeg wat oorhang netjies af. Voer die kors uit met bakpapier en vul met rou rys. Bak 15 minute. Verwyder papier en rys en bak kors nog 10 minute of tot goudbruin en gaar. Volg stap vir stap verder.
Stap 1
Plaas meel, mielieblom, eiergele en vanieljesaadjies in groot mengbak en meng. Voeg suiker by en klits tot goed gemeng. Voeg koue melk by en meng tot glad. Gooi mengsel deur sif in skoon pot.
Stap 2
Voeg botter by en roer mengsel oor lae hitte met draadklitser tot botter gesmelt is.
Stap 3
Verhoog hitte en hou aan roer tot die mengsel verdik en meel gaar is – sowat 8 – 10 minute. Verwyder van hitte. Klits eierwitte tot sagte punte vorm en vou vinnig by warm mengsel in. Gooi mengsel in gebakte kors en smeer gelyk.
Stap 4
Laat stol in yskas vir 2 – 3 uur. Sif kaneel oor. Skep gesmelte sjokolade in plastieksakkie en knip hoekie van sakkie af. Spuit patrone op tert en laat staan tot gestol. Sit voor.
WENK
Jy kan die gebruikte vanieljepeul in jou suikerhouer druk vir vanieljegegeurde suiker.