Thursday, 16 February 2017

Hannes van Wyk se ma se souttert



Hannes van Wyk se ma se souttert
4 tot 6 porsies

250 g (1 pakkie) spek, in blokkies gesny
275 g (1 blikkie) Weense worsies in soutwater, gedreineer...
500 ml (2 k) cheddarkaas, gerasper
15 ml (1 e) vars pietersielie, gekap
45 ml (3 e) koekmeel
15 ml (1 e) droë mosterdpoeier
250 ml (1 k) volroommelk
3 ekstragroot eiers, geklits
knypie sout en peper

Stel oond op 180 °C.

1 Sprinkel gekapte spek in oondtertbord van 20 cm-deursnee, wat met kossproei gespuit is.

2 Sny worsies in skyfies en gooi oor.

3 Sprinkel kaas en pietersielie oor.

4 Meng koekmeel en mosterdpoeier en voeg helfte van melk daarby. Roer tot gladde beslag vorm.

5 Roer nou oorblywende melk, eiers, sout en peper by.

6 Giet oor bestanddele in oondtertbord.

7 Bak vir 35 minute of tot goudbruin.

8 Sit warm of teen kamertemperatuur saam met slaai voor.