Slaai met hoender, Bulgaarse gort en kekerertjies
Jy maak Bulgaarse gort nes koeskoes gaar met warm water, maar ek gebruik aftreksel vir meer smaak.
genoeg vir 4
...

• 4 (250 g) hoenderdye sonder vel
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 65 ml (¼ koppie) Bulgaarse gort
• 130 ml warm beesaftreksel
• 1 x 410 g-blik kekerertjies, gedreineer
• sap en gerasperde skil van 1 suurlemoen
• hand vol koljander, gekap
• 1 komkommer, in blokkies gesny
• 200 g kersietamaties, gehalveer
• 2 wiele laevet-feta, gekrummel
Verhit oond tot 180 °C. Plaas hoender in oondbraaibak en geur met sout en peper. Oondbraai sowat 25 minute of tot hoender gaar is. Vlok met vurk van bene af. Plaas gort in glasbak en gooi warm aftreksel oor. Maak bak toe en laat staan 20 minute. Vryf kekerertjies tussen jou handpalms om doppe los te maak. Spoel af onder lopende water en gooi doppe weg.
Maak só klaar Plaas res van bestanddele in groot mengbak en voeg hoender, Bulgaarse gort en kekerertjies by. Meng deur met twee slaailepels. Geur goed met sout en peper. Plaas in opdienbak en sit voor.
ONTLEDING PER PORSIE kilojoules 1280; koolhidrate 22 g; proteïen 31,5 g; vet 33 g
(Sarie)