KORSLOSE QUICHE MET ROOI UIE EN SAMPIOENE
Genoeg vir: 4
Bereidingstyd: 20 minute
Gaarmaaktyd: 25 minute
Oondtemperatuur: 180°C...
15 ml olyfolie
2 rooi-uie, gesny
250 g gemengde sampioene, gesny
5 ml gedroogde tiemie
30 ml meel
2 groot eiers
125 ml crème fraîche of suurroom
100 g gouda, gerasper
groenslaai om voor te sit
1 Verhit die olie in ‘n groot pan en soteer die ui tot goudbruin. Voeg die sampioene en tiemie by. Braai dit vir drie minute en voeg
dan die meel by. Roer dit goed.
2 Klop die eiers, crème fraîche en kaas saam in ‘n bakkie. Meng dit met die sampioenmengsel en gooi dit
in ‘n gesmeerde 22 cm-tertpan. Bak dit vir 20 minute of tot deurgaar en goudbruin. Sit dit voor met ‘n groenslaai.