Tuesday, 31 January 2017

Kitsmuffins met ’n kinkel



Kitsmuffins met ’n kinkel

Genoeg vir: 12 muffins
  • 1 pakkie kitssemelmuffins (asook die res van die bestanddele in die resep op die pakkie, soos eiers, olie en melk)
  • 250 ml gerasperde wortel
  • 1 piesang, fyngemaak
  • 5 ml fyn kaneel
Vir die versiersel:
  • 1 houer (230–250 g) ongegeurde roomkaas, teen kamertemperatuur
  • 30 ml sagte botter
  • 125 ml versiersuiker
  • gekapte neute van jou keuse (opsioneel)
So maak jy …
1. Verhit die oond tot 180 °C. Voer ’n 12-holtemuffinpan uit met kolwyntjiepapier.
2. Maak die muffins volgens die aanwysings. Roer nou die wortel, piesang en kaneel by, en skep in die voorbereide muffinpan.
3. Bak vir 25 minute (of tot gaar) en laat in die pan afkoel.
4. Vir die versiersel: Klits die roomkaas, botter en versiersuiker saam. Sprinkel die gekapte neute oor