Friday 5 August 2016

OUMA MOLLIE SE LEMOEN-POEDING




OUMA MOLLIE SE LEMOEN-POEDING

My ouma was pastorie-moeder in die Oos-Kaap se Gamtoos-vallei, waar lemoene die vernaamste landbouproduk is. Sy’t hierdie poeding haar “eie konkoksie” genoem.

4 porsies...

125 g strooisuiker
100 g botter
50 ml sonneblomolie
knypie sout
1 eier
250 g bruismeel, gesif
1 mediumgroot lemoen, geskil, witskil verwyder

Stroop:
250 ml water
125 g strooisuiker
sap van 2 lemoene
15 ml fyngerasperde suurlemoenskil
15 ml goeie brandewyn

Verhit oond tot 180 °C.

1. Room strooisuiker en botter.
2. Voeg olie, sout en eier by en meng goed.
3. Voeg meel by.
4. Breek lemoen in piepklein stukkies, oor die mengbak om die sous te vang, en vou dit in deeg in.
5. Skep in ’n gesmeerde, oondvaste bak.

**Bak vir sowat 30 minute of tot ’n stokkie skoon uitkom.

Maak intussen die stroop:
1. Gooi water en suiker in ’n pan en laat prut.
2. Roer tot suiker gesmelt is.
3. Voeg lemoensap en suurlemoenskil by en kook af tot stroperig – sowat 6 minute.
4. Voeg brandewyn by en gooi stroop oor die lieflike, korserige koek as dit uit die oond kom.

**Sit voor met crème anglaise of ’n skeppie vanielje-roomys.

deur Marlene van der Westhuizen