Wessels se Franse botterkoekies
Dié souterige Franse botterkoekie is perfek soos dit is en Koekedoor se Wessels het net die soutkant ’n hupstoot gegee met stukkies bros spek.
Bestanddele
- 4 eiergele
- 125 g strooisuiker
- 150 g botter
- 200 g koekmeel
- 10 ml bakpoeier
- 5 ml growwe sout soos Maldon
- 100 g gerookte spek bros gebraai en gesnipper
Instruksies
- Klits eiergele en suiker tot bleekgeel en dik.
- Sif droë bestanddele saam en vou by eiermengsel tot deeg vorm.
- Rol die deeg uit tussen twee velle waspapier. Koel af tot styf.
- Smeer met eiergeel en melk.
- Krap lyne, vertikaal, horisontaal en diagonaal met ‘n vurk.
- Bak sowat vyf minute of tot begin bruin word.
- Druk sirkels van ongeveer 6 cm uit.
- Bak vir ’n verdere 10 minute tot gaar.
- Wenk: die koekies verhard soos hulle afkoek.