Thursday, 28 July 2016

SPESERYKOEK MET KARAMEL




SPESERYKOEK MET KARAMEL

400g gesoute botter
1 kp bruinsuiker
1/2 kp heuning
5 eiers

1 tpl vanielje
2 kp amandelmeel
1 kp hawermoutmeel
2 eetlpl bakpoeier
1/2 tlpl fyn kaneel
1/2 tlpl fyn gemmer
1/4 tlpl fyn neutmuskaat
1/4 tlpl fyn naeltjies
1/2 kp melk
360g tuisgemaakte of gekoopte karamel
1 gemmerkoekie

Verroom botter en suiker
Meng heuning by
Klits eiers een-een by
Meng vanielje by
Meng droeë bestanddele saam
Meng 1/3 van droeë bestanddele by bottermengsel
Meng 1/3 van melk by
Herhaal nog tweekeer
Voer bodem van 22cm kleefvrye losboompan
Skep beslag in pan, maak bokant gelyk
Bak in oond teen 170˚C (waaier) vir 15 minute
Verlaag hitte na 150˚C en bak vir ’n verdere 45 minute
Laat afkoel in pan
Versier bokant met karamel
Rasper 1 gemmerkoekie bo-oor