Wednesday, 27 July 2016

Neute stafies




Neute stafies
150g botter
300g sjokolade
2e goue stroop
1e brandewyn
100g koekies
¾k haselneute
½k rosyntjies
½k glanskersies

Smeer 13 x 23 broodpan met olie. Voer uit met bakpapier en laat 5 cm oor kante. Plaas botter, sjokolade, stroop en brandewyn in ’n bak oor ’n pot wat kook. Verhit en roer tot glad en gemeng. Breek koekies in bak. Voeg neute, rosyntjies en kersies by. Roer die sjokolade by. Skep mengsel in pan, druk saggies af. Bedek met bakpapier. Plaas 3 uur in koelkas. Laat staan 10 minute en sny.