Frikkadel-kerrie
Bestanddele
45 ml olyfolie
1 ui, fyngekap
30 ml vinkelsaad
45 ml gerookte masala
20 ml borrie
2 lourierblare
410 g blik klappermelk
410 g blik All Gold Peeled Tomatoes
405 g pakkie All Gold Tomato & Herb Pasta Sauce
1 handvol vars koljander, fyngekap
sout en varsgemaalde swartpeper
18 frikkadelle van jou keuse
Metode
Sous:
Verhit olyfolie in groot braaipan tot warm. Voeg ui, speserye en
lourierblare by. Roerbraai 5 minute of tot uie begin verbruin.
Gooi klappermelk, tamaties en pastasous by. Verlaag hitte
en laat stadig prut vir 20 tot 25 minute of tot dik, romerige sous
vorm. Roer vars koljander deur. Geur met sout en swartpeper.
Frikkadelle:
Verhit oond tot 180 grade C. Pak frikkadelle in oondroosterbak
en gooi kerriesous oor. Bak 20 tot 25 minute of tot frikkadelle
gaar is. Sit voor.