Monday, 18 July 2016

Biltongsop



Biltongsop
Genoeg vir 6 mense.
Bestanddele
2 uie fyn gekap
100g botter
2 knoffelhuisies fyn gedruk
60ml koekmeel
500ml hoenderaftreksel (blokkies)
250ml warm melk
125g fyn beesbiltong
60ml bloukaas gekrummel
60ml Fetakaas  gekrummel
Sout en vars gemaalde swart peper
Metode
Braai ʼn ui in botter tot sag en voeg dan knoffel by en braai tot geurig. Voeg meel by en braai die mengsel tot dit lekker borrel. Voeg hoenderaftreksel by en roer totdat dit kook.  Voeg die warm melk by en laat dit prut tot dit gaar is. Voeg biltong by en verpulp tot dit glad is.  Roer die kaas in net voor opdiening.  Geur die sop met sout en peper - en dalk bietjie room!