Monday, 6 June 2016

Pikante koejawelbrood




Pikante koejawelbrood
250 ml (1 k) koekmeel
5 ml (1 t) bakpoeier
5 ml (1 t) koeksoda...
2,5 ml (1/2 t) sout
2,5 ml (1/2 t) fyn kaneel
2,5 ml (1/2 t) neutmuskaat

125 ml (1/2 k) hawersemels (”oat bran”)
125 ml (1/2 k) ProNutro
160 ml (2/3 k) suiker
1 eier
3 ryp middelslag-koejawels, geskil en gerasper OF 1 x 410 g blik koejawels, gedreineer en fyn gemaak
150 ml (3/5 k) koejawelsap
Voorverhit oond tot 180 °C en spuit ’n broodpannetjie van 220 cm x 120 cm met kossproei. Sit meel, bakpoeier, koeksoda, sout en speserye saam in ’n bak. Voeg hawersemels, ProNutro en suiker by en lig ’n paar keer met ’n houtlepel. Voeg eier, koejawel en koejawelsap by en meng deeglik.
Giet beslag in pan en smeer eweredig na die kante. Bak vir 45 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom. Plaas pan op ’n afkoelrak en laat vir sowat ’n halfuur afkoel. Maak brood met ’n mes aan kante los en keer uit op ’n rak om af te koel.