Wednesday, 8 June 2016

Piessangbrood




Susan Leroux se Piessangbrood
 
Hier volg resep soos belowe: 125g botter/margarien, 250ml suiker, 2 eiers, 5ml vanieljegeursel, 500ml koekmeel, 5ml bakpoeier, 1ml sout, 5ml koeksoda, 250ml fyngedrukte piesangs, 30ml suurlemoensap. Room botter en suiker. Voeg die eiers een vir een by en klits goed na elke byvoeging. Voeg geursel by. Sif droe bestanddele en meng suurlemoensap by bottermengsel in. Skep mengsel in gesmeerde Panne. Bak sowat 1 uur in voorverhitte oond by 180 c. Keer uit op draadrak om af te koel. Lewer 1 brood. Hierdie resep kom uit: Vars en flatervry van Snowflake deur Heilie Pienaar.