BRAAIVLEISBROOD
Bestanddele
700 g gekoopte brooddeeg
Vulsel
30 ml (2 e) pesto
30 ml (2 e) sagte botter
bietjie olie
1 ui, gekap
5 ml (1 t) vars gekapte knoffel
125 g (½ pakkie) spek, gekap
12 calamata-olywe, ontpit en fyngekap
swartpeper na smaak
250 ml (1 k) cheddarkaas, gerasper
Bolaag
15 ml (1 e) olie
bietjie growwe sout
Metode
• Stel oond op 180 °C.
1 Hou deeg in yskas tot benodig.
2 Vulsel Meng pesto en botter. Hou eenkant.
3 Verhit olie en soteer ui en knoffel tot sag. Voeg spek by en braai tot gaar. Verwyder van hitte. Roer olywe en swartpeper by.
4 Rol deeg op meelbestrooide werksoppervlak uit. Vorm reghoek van ongeveer 25 cm x 15 cm. Die deeg moet ongeveer 6 mm dik wees.
5 Smeer botter-en-pesto-mengsel oor deeg.
6 Skep spekmengsel op deeg en sprei uit.
7 Sprinkel kaas oor en rol soos rolkoek op.
8 Plaas opgerolde brood op bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is en met kossproei gespuit is.
9 Bolaag Verf brood se bokant met olie en sprinkel bietjie sout oor.
10 Maak snye in bokant van brood.
11 Bak vir 30 minute of tot goudbruin bo-op.
Wenk Jy kan ook ’n blik gedreineerde pitmielies by vulsel voeg