Tuesday, 24 May 2016

Witkoek met Klapper Vulsel





Witkoek met Klapper Vulsel
Oond 180 gr C. Room halwe k sagte margarine, 1 k suiker, voeg 1 en half k koekmeel, 3 t bakpoeier en kwart t sout, wat saam gesif is by met driekwart k melk. Klits 3 eierwitte styf en vou by deeg beslag in. Deel deeg tussen twee gevoerde, gesmeerde koekpanne en bak vir 30 minute tot gaar. Koel af op afkoel rak. Vulsel: In kastrol: 2 k klapper, halwe k melk, 3 eiergele, 1 k suiker en kwart t sout. Roer met draadklitser tot gemeng en kook tot dik terwyl bly roer. Koel heeltemal af en smeer tussen koek lae. Maak vulsel dubbeld aan en smeer ook bo-oor.
Radio Namakwaland