Friday, 6 May 2016

VINNIGE SEEKOS ROERBRAAI BEDIEN OP RYS




VINNIGE SEEKOS ROERBRAAI BEDIEN OP RYS
bedien vir 4-6 Persone:
2 Pakkies Marina Seafood Mix
’n Groot ui
Knoffel...
Botter vir braai ± 200g (as dit moet kan margarine ook werk)
1 Koppie Suurlemoensap
Peri-peri Poeier
Gemengde Kruie
Gedroogde Pietersielie

Aromat
Sout
Swartpeper Vars gemaal
2 koppies rys
Metode: RYS:
Kook rys in ± 4-6 koppies water met knipie sout,
Roer 1 Tel Pietersielie
100ml Suurlemoensap in die water waarin jy die rys gaarmaak
SEEKOS ROERBRAAI METODE:
Voorverhit botter in roerbraai pan braai uie tot begin verkleur
Voeg Crushed Garlic so omtrent n Teelepel vol na smaak by.
Wanneer dit goed gebraai is voeg die gevriesde 2 pakkies 250g + 250g = 500g Marina Seafood Mix by en braai baie kort net tot die seekos gaar is. Voeg koppie suurlemoensap by geur met bogenoemde kruie en speserye na smaak.
Gewoonlik het mens meeste van die bestandele in die huis. en die hele ete kan jou ongeveer halfuur neem om voorteberei.