LENSIESOP MET MURGBENE
Kyk uit vir die gedroogte nora-soetrissie by goeie deli’s of vervang dit met rooi soetrissie wat oor ‘n vlam swartgebrand is en dan gesweet word in ‘n plastieksak tot die velletjie maklik afgevryf kan word.
500 ml lensies...
3 takkies tiemies
1 lourierblaar
300g stowevleis, in blokkies gekap (ek gebruik chuck)
6 stukke murgbene
2 uie, grofgekap
5 ml borrie
4 naeltjies + 4 wonderpeperkorrels (opsioneel)
4 geelwortels, gekrap en opgesny
4 knoffelhuisies, skilletjies verwyder en grofgekap
3 ryp tamaties, gekap
15 ml tamatiepasta
4 – 6 nora rissies (of vervang met 1 rooi soetrissie oor ‘n vlam swartgebrand, in plastieksak gesweet en skilletjies afgevryf, pitte verwyder)
2 koppies kookwater of meer
3 koppies beesvleisaftreksel
Sout en peper
10 ml goeie druiweasyn (nie balsamiese asyn nie)
Pietersielie, gewas en gekap
Metode:
Kook die lensies met die tiemietakkies en lourierblaar in 1.5 l water in aparte kastrolletjie vir 20 minute (hou net nou en dan dop dat dit nie droog kook nie). Dreineer en haal tiemietakkies uit.
Gooi bietjie olie in die sopkastrol en braai die vleis en die sopbene goudbruin, sowat 8 minute. Roer die uie, wortels, knoffel, borrie, naeltjies en wonderpeper by en kook sowat 8 minute tot alles mooi bruin en blinkerig in die pot is. Roer die tamaties, die tamatiepasta en die Spaanse gedroogte soetrissies by en kook nog ‘n paar minute. As jy bang is dit brand aan gooi ‘n bietjie water by.
Gooi nou die lensies, aftreksel, kookwater en asyn by. Verlaag die hitte en prut tot die vleis sag is (sowat 60-80 minute). As die sop te dik is, verdun met nog aftreksel of kookwater. Roer die pietersielie by. Geur goed met sout en peper. Voeg ‘n paar druppels asyn by om die smaak op te vars en roer deur.
Bediening:
Plaas ‘n murgbeen in elke sopkom en skep sop oor. Strooi nog fyngekapte pietersielie oor en bedien vuurwarm.
Huiskok