Gouestrooppoeding
Genoeg vir 6 mense
Bereiding: 5 min....
Gaarmaak: 45 min.
200 ml (¾ k) bruinsuiker
310 ml (1¼ k) bruismeel
100 g botter, gesmelt
1 eier
125 ml (½ k) melk
60 ml (¼ k) gouestroop
15 ml (1 e) mieliemeelblom
375 ml (1½ k) kookwater
Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n oondvaste bak.
1.Meng 60 ml (¼ k) van die bruinsuiker en al die meel in ’n bak. Voeg die gesmelte botter, eier, melk en 30 ml (2 e) gouestroop by en roer tot gemeng. Skep in die gesmeerde bak.
2.Meng die oorblywende suiker en mieliemeelblom. Strooi oor die poedingmengsel.
3.Meng die kookwater met die oorblywende gouestroop. Giet oor die poedingmengsel en bak 40 min. of tot ’n steekpen skoon uitkom wanneer dit in die middel ingesteek word. Sit voor saam met dik room of roomys.