Corli se sjokolade-vierkante
Corli het altyd van hierdie ongebakte koekies in die yskas. Kry dié Koekedoor se resep hier.
Bestanddele
- 250 g botter (gesout)
- 500 g versiersuiker
- ½ k kakao
- 1 eier (liggies geklits)
- ½ k klapper
- 1 pakkie Marie-koekies (in stukkies gebreek)
- pekanneute (opsioneel)
Instruksies
- Smelt die botter in ’n kastrol, haal van die hitte af, voeg versiersuiker en kakao by en roer tot die suiker opgelos is en die mengsel glad is.
- Meng die geklitse eier by.
- Voeg die klapper en stukkies Marie-koekies by tot als goed met die sjokolade gemeng het.
- Giet die mengsel uit in ’n gesmeerde bakplaat en maak gelyk met ’n lepel.
- Sit in yskas om af te koel en sny dan in ewe groot blokkies.