Tara se broodpoeding met neut-krummelkors
Tara maak hierdie troostende poeding met Italiaanse brood en maak ’n neut-krummelkors vir ekstra tekstuur. Die sous kan oor die poeding gegooi word of apart bedien word.
|
Bestanddele
Poeding
- 250 ml suiker (wit)
- 5 eiers (groot, effens geklop)
- 500 ml melk
- 1 vanieljepeul (saadjies uitgekrap)
- 600 g Italiaanse brood (in mediumgrootte blokkies gesny)
Neut-krummelkors
- 180 ml suiker (ligte bruinsuiker)
- 65 g botter
- 75 g pekanneute (grof gekap)
Instruksies
- Stel oond op 180°C. Smeer ’n oondbak.
- Meng suiker, eiers, melk en vanieljesaadjies saam en gooi oor die broodblokkies en laat week vir 10 minute.
- Krummel die bruinsuiker, botter en neute saam.
- Gooi die geweekte broodmengsel in ’n gesmeerde oondbak en bak vir ongeveer 40 minute.
- Maak intussen die sous. Verhit die room, botter, wit suiker en water en brandewyn. Giet die sous oor die poeding of bedien dit apart.