Ouma Bets se Pinkpoeding (Koue nagereg vir warm somersdae)
Bestandele:
1 blikkie (240g) “guava”
½ blikkie kondensmelk...
1 pakkie rooi jelly
2 koppies melk
1 hoogvol eetlepel vlapoeier
1 koppie kookwater
Metode:
Maak 1 pakkie rooi jelly aan met 1 koppie kookwater.
Maak ‘n dik vla met: 2 koppies melk en 1 hoogvol eetlepel vlaepoeier.
Voeg jelly by dik vla.
Druk “guava’s” fyn met vurk of voedselverwerker.
Voeg “guava’s” by dik vlae waarin jelly reeds gegooi is.
Laastens roer jy die ½ blikkie kondensmelk by.
Meng goed en plaas in yskas totdat dit gestol is.
(Jy kan die mengsel dubbel aanmaak alle bestandele x2)
Bedien met roomys of koue vla.
Sarie