Tuesday, 12 April 2016
ENGELKOEK
ENGELKOEK
Sag, sponserig, soet en bitter lekker.
Genoeg vir 6 mense
Bereiding: 15 min....
Gaarmaak: 20 min.
11 eierwitte
7 ml (1½ t) kremetart
375 ml (1½ k) strooisuiker
250 ml (1 k) bruismeel
pienk koskleursel
500 ml (2 k) versiersuiker
30 ml (2 e) water
5 ml (1 t) rooswaterstroop
Voorverhit die oond tot 180 ˚C.
1. Klits die eierwitte saam in ’n bak tot sagte punte vorm. Klits die kremetart in en voeg 250 ml (1 k) van die strooisuiker geleidelik by. Klits goed ná elke byvoeging tot die suiker oplos.
2. Sif die meel en oorblywende strooisuiker saam. Vou die meelmengsel en koskleursel by die eiermengsel in en sprei dit dan in ’n ringkoekpan uit. Bak 20 min.
3. Sit die koek op ’n draadrak om af te koel. Maak die kante van die koek met ’n paletmes los en haal die koek uit die pan.
4. Meng die versiersuiker, water en rooswaterstroop in ’n hittebestande bak. Plaas dit oor pruttende water en kook terwyl jy roer tot glad. Sprinkel ’n bietjie koskleursel oor tot die kleur na jou smaak is en giet dit dan oor die koek. Bedien dadelik.
Deur Huisgenoot