Thursday, 28 April 2016

Aartappeltert




Aartappeltert
(een groot tert)
500 ml kapokaartappels (so 6 groot aartappels)
1 vel (400 g) blaardeeg...
250 ml suiker
6 eiers, geskei
5 ml fyn kaneel

1 ml sout
Kook die aartappels (sonder skil) tot sag. Wanneer dit sag is, maak baie fyn vir die 500 ml kapokaartappels. Voer nou ’n diep, gesmeerde tertbord met die blaardeeg. Verhit jou oond tot 180 °C. Klits die suiker en eiergele saam tot lig en romerig. Voeg die kapokaartappels, kaneel en sout by. Meng goed. Klits die eierwitte styf. Vou die eierwitte versigtig by die aartappelmengsel in. Gooi die mengsel in die tertbord en bak vir so ’n uur. Hou maar dop dat dit nie te bruin word bo-op nie. Skakel die oond af en laat vir so ’n uur in die oond afkoel voor jy die tert uithaal. Sif ’n bietjie versiersuiker bo-oor voor jy dit bedien.
Sarie