Thursday, 17 March 2016
Kondensmelk Tipsy Tert
Kondensmelk Tipsy Tert
Oond 180 gr C.
In glasbeker; 300 ml gekapte en ontpitte dadels, 125 ml gekapte rooi cherries, 1 t koeksoda en 150 ml warm melk. Hou eenkant.
Klits saam: 150 gr sagte margarine en 150 ml bruinsuiker. Voeg melk- mengsel en 450 ml bruismeel en 2 ml sout by en roer ook 2 t asyn by. Skep deeg in diep gesmeerde oondbak en bak vir 30 minute tot gaar.
Terwyl tert bak maak sous om oor te gooi. In kastrol: 1 blik kondensmelk, 150 ml warm water, knippie sout en 2 E brandewyn of 2 t vanilla geursel. Kook deur en gooi dadelik oor tert as dit gaar gebak is. Steek gate met toetspen in tert dat sous oral kan intrek.