Tuesday, 1 March 2016
GROENTE BREYANI
GROENTE BREYANI
(4 - 6 porsies)
30 ml botter
1 ui, fyngekap
2 knoffelhuisies
45 ml kerriepoeier
5 ml komynsaad
2 kardemom-peule, oopgebreek en saad verwyder
1 x 400 g-blik gekapte tamaties
125 ml water
30 ml olyfolie
1 eiervrug, in blokkies gesny
4 murgpampoentjies, in ringe gesny
6 vla-pampoentjies
1 x 250 g wit sampioene
1 blik lensies, gedreineer
250 ml rys, gekook tot gaar
sout en varsgemaalde swartpeper
hand vol vars koljander, gekap
Bulgaarse jogurt vir voorsit
METODE:
Verhit botter in 'n middelslagpan tot warm. Voeg ui en knoffel by.
Braai vir 5 minute of tot dit begin verkleur. Voeg kerriepoeier, komyn en kardemomsade by.
Braai vir nog 5 minute. Voeg tamaties en water by.
Verlaag hitte en prut vir 5 - 8 minute. Verhit olyfolie in 'n braaipan tot warm.
Voeg groente by en roerbraai vir 8 -10 minute. Meng lensies en rys met die groente.
Geur goed met sout en swartpeper. Skep in oondvaste bak.
Roer koljander by tamatiesous en gooi oor rys.
Bak vir 10 - 15 minute of tot warm.
Sit voor met jogurt.