Friday, 4 March 2016

Beesvleis-skenkels met tamaties




Beesvleis-skenkels met tamaties
(4 porsies)
◾30 ml olyfolie
◾4 beesvleisskenkels
◾sout en varsgemaalde swartpeper
◾4 klein uitjies, gehalveer
◾2 knoffelhuisies, fyngekap
◾5 klein aartappels, geskil en gehalveer
◾3 wortels, in skywe gesny
◾250 ml beesvleis-aftreksel
◾200 g klein rosa-tamaties
◾250 ml rooiwyn
Verhit oond tot 180 °C. Gooi olyfolie in oondbraaibak. Plaas skenkels in bak en geur met sout en peper. Plaas in oond vir 45 minute. Voeg uitjies, knoffel, aartappels en wortels by. Voeg aftreksel by en maak toe met tinfoelie. Plaas terug in oond vir 2 uur. Maak oop en voeg tamaties en rooiwyn by. Laat oop oondbraai vir nog sowat 30 minute.