Tuesday, 2 February 2016

Varkworsie-hamburger



Varkworsie-hamburger
LEWER 6 HAMBURGERS
Bereiding: 20 min.
Verkoeltyd: 20 min....
Gaarmaaktyd: 2 min. in pan, 10 min. inoond
VLEISKOEKIES
4 varkworsies, vleis uit die derm gedruk
1 ui, gekap

2 wortels, fyn gerasper
10 ml (2 t) tiemieblaartjies
1 5 ml (1 e) blatjang
sout en peper na smaak
HAMBURGER
6 hamburgerbroodrolletjies, gehalveer
paar jong spinasieblare
2 piesangs, in die lengte in die helfte deurgesny
soetbrandrissiesous koljanderblare vir oorsprinkel
Voorverhit die oond tot 180 °C.
Vleiskoekies Meng al die bestanddele vir die vleiskoekies liggies maar deeglik en vorm 6 koekies. Laat 20 minute verkoel.
Braai in ’n verhitte pan tot alkant bruin, sit op ’n bakplaat en bak nog sowat 10 minute in die oond tot gaar. Hamburger Rooster die broodrolletjies liggies indien verkies.
Pak spinasieblare op elke broodrolletjie.
Plaas die vleiskoekie bo-op en pak piesangskywe bo-op.
Giet die brandrissiesous oor en sprinkel die koljanderblare oor.