Tuesday, 23 February 2016

HAMPASTEITJIES




HAMPASTEITJIES
6 porsies
800 g (400 g x 2 rolle) skilferkorsdeeg
bietjie melk
VULSEL
bietjie olie
2 uie, gekap
2,5 ml (½ t) droë gemengde kruie
187 g (½ blok) ham, in blokkies gesny
375 ml (1½ k) mozzarellakaas, gerasper
125 g (½ bakkie) geroomde maaskaas
4 eiers
knypie sout en peper
Stel oond op 220 °C.
1.Sny skilferkorsdeegvelle in 12 vierkante van ongeveer 11 cm x 11 cm.
2.Spuit ekstragroot muffinpanne goed met kossproei en druk skilferkorsvierkante daarin vas.
3.Verf binnekante van skilferkorsbakkies met melk en prik bodem met vurk. Sit weer terug in yskas terwyl jy met vulsel besig is. Hoe kouer die skilferkorsdeeg, hoe beter bak dit en hoe beter die eindproduk.
4.Verhit bietjie olie en soteer uie en kruie daarin tot ui sag is. Voeg hamblokkies by en soteer nog 4 minute. Verwyder van hitte. Laat effens afkoel en sprinkel mozzarellakaas oor.
5.Meng maaskaas, eiers, sout en peper en roer by hammengsel.
6.Skep vulsel in skilferkorsdeegbakkies. Bak vir 16 minute of tot in middel gestol. Draai stoof se hitte af na 180 °C.
7.Haal bakkies versigtig uit muffinpanne en sit op metaalafkoelrakkie (op bakplaat).
8.Plaas pasteitjies vir nog 5 minute terug in oond om ook onder gaar te bak.
9.Sit saam met slaai voor.