Tuesday 24 November 2015
WATERBUL POEDING
WATERBUL POEDING
Bedien 6.
BESLAG
500 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
2 ml sout
140 g sagte botter
5 ml fyn gemmer
5 ml fyn kaneel
15 ml fyn appelkooskonfyt
10 ml koeksoda
250 ml melk
STROOP
1 liter water
300 ml suiker
BESLAG
Sif koekmeel, bakpoeier en sout saam.
Room botter.
Voeg gemmer, kaneel en konfyt by botter en meng goed.
Los koeksoda in melk op.
Vou meelmengsel en melk om die beurt in beslag en meng tot 'n redelike stywe deeg.
STROOP
Plaas water en suiker in platboompotjie oor lae kole en roer tot suiker opgelos het.
Verhit tot kookpunt en kook vir 5 minute.
Skep deeg in kokende stroop.
Bedek en prut baie stadig vir 1 uur of tot poeding gaar is.
Sit voor met vla.
WENK: Laat gemmer e kaneel uit Sit 1 koppie fyn dadels in die koeksoda met melk gemeng MENG IN DEEG vir n dadel poeding