Romerige mosselbroodjies
Genoeg vir 4 mense
2 blikke (85g elk) mossels, gedreineer
1 groot ui, gerasper
3 knoffelhuisies, gekap
250 ml (1 k) cheddarkaas, gerasper
125 ml (½ k) mayonnaise
1 Franse brood/panini/ciabatta, in dik skywe gesny (8 skywe)
Voorverhit die oond tot 200 °C.
- Meng die mossels, ui, knoffel, kaas en mayonnaise. Verdeel die mosselmengsel tussen die broodskywe en smeer rofweg op elkeen.
- Pak die broodskywe op ’n bakplaat en rooster 10 minute of tot die mengsel op die broodskywe effens goudbruin begin raak.
- Sit dadelik voor