Tuesday, 8 September 2015
STROPERIGE LEMOENKOEK:
STROPERIGE LEMOENKOEK:
BENODIG:
3eiers
250ml strooi suiker
200ml melk...
100 ml botter
1 1/2 k bruismeel
knippie sout
5 ml lemoen geursel
5 ml fyn lemoen skil
as jy n ring vorm het goed so voer hom uit met papier handdoek
MAAK SO:
Klits eiers en suiker tot lig en romerig.
Mikro melk en botter tot net begin kook.
Sif meel en sout by en voeg liggies by eier mengsel.
Voeg kookmelk geursel en skil by en meng goed gooi in pan en mikrogolf vir 10 min [ek het net 6 min myne gedoen ]
STROOP:
250ml lemoensap
200 ml suiker
15ml botter
1tlp skil
Mikrogolf tot suiker gesmelt is.
Gooi helfte oor koek.
Keer hom uit op n bord en gooi ander helfte oor en siedaar eet en geniet