Wednesday 19 August 2015

Watertandlekker patats




Watertandlekker patats
1 kg patat, geskil en in blokkies gesny
5 ml sout
Gerasperde, vars neutmuskaat...
500 ml vars room

250 ml gerasperde, beleë cheddarkaas
Voorverhit die oond tot 180 °C. Plaas die patatblokkies in ’n pot water. Voeg 5 ml sout by en verhit tot kookpunt. Verlaag die temperatuur en kook die patats tot gaar. Dreineer en skep die patats in ’n oondvaste bak. Rasper ’n bietjie vars neutmuskaat oor die patats. Klits die room styf en vou dan die gerasperde kaas daarby in. Skep oor die patats, rasper neutmuskaat oor en bak 35-40 minute tot die bokant van die gereg goudbruin is. Sit voor met braaivleis of jou gunsteling-braaistuk.
Danie Van Rensburg