Varksteaks met kaas-en-rooi-ui-bolaag
GENOEG VIR 4 MENSE
Bereiding: 15 min....
Gaarmaaktyd: 20 min.
GENOEG VIR 4 MENSE
Bereiding: 15 min....
Gaarmaaktyd: 20 min.
4 varksteaks
sout en pas gemaalde peper
2 knoffelhuisies, in skyfies gesny
15 ml (1 e) olyfolie
2 rooi-uie, in skywe gesny
100 g mozzarellakaas
10 g pietersielie, grof gekap
Voorverhit die oond tot 230 °C.
Plaas ’n draadrakkie op ’n bakplaat en spuit dit met kossproei.
Geur die steaks met die sout en peper en pak op die draadrakkie
Sprinkel die knoffel en olie oor die steaks en braai 10 minute in die verhitte oond. Haal die steaks uit die oond en pak die uie en mozzarella bo-op. Sprinkel die pietersielie oor en bak nog 10 min.
Sit die steaks voor saam met ’n ekstra vars rooi-ui en kapokaartappel indien verkies.